Jou Kurper teen Kanker

Jou Kurper Teen Kanker NPC het gegroei vanuit die Corrie Nortje Hengel Kompetisie.

Die Corrie Nortje Hengel Kompetisie is begin nadat Corrie Nortje, ‘n prominante figuur in die gemeenskap van Goblersdal oorlede is aan kanker.

In sy testament het Corrie aan sy vriende ‘n bedrag van R500 bemaak met die doel dat hulle sy lewe daarmee moet vier. Gedurende die viering van Corrie se lewe, het sy vriende besluit om ‘n hengel kompetisie in Corrie se eer aan te bied aangesien Corrie ‘n kranige hengelaar was. Die eerste Corrie Nortje Hengel Kompetisie is in 1996 by Arabi Dam gehou en die R500 wat hy aan sy vriende bemaak het, was die eerste prys.

Vandaar het die Corrie Nortje Hengel Kompetisie van krag tot krag gegroei en is dit mettertyd geskyf na Loskop Dam om die hoeveelheid hengelaars te akkommodeer.

Die groep vriende wat die kompetisie aangebied het was: Braam Louwrens, Piet Wolf, Oubaas Oosthuizen, Uys Meiring.

Na Braam Louwrens se afsterwe in 2016, weens kanker, en Piet, Oubaas en Uys uitgetree het, het Braam Louwrens Jnr en Sonja Weideman die leisels oorgeneem om te verhoed dat die kompetisie tot ‘n einde kom.

Braam, Sonja en ‘n span goeie vriende het betrokke geraak by hengel kompetisie en het gesluit om die naam te verander na Jou Kurper Teen Kanker om sodoende ‘n nie-winsgewende maatskappy te kan stig.

Die hengel kompetisie word steeds jaarliks by Loskop Dam aangebied en is daar tans ‘n gemiddeld van 400 hengelaars wat jaaarliks aan die kompetisie deelneem. Die 28ste Jou Kurper Teen Kanker Hengel Kompetisie sal plaasvind op 3 Februarie 2024.

In 2021 is Braam genader deur Bernard McGee, die destydse Handelaars Hoof van McGee Ford Groblersdal, met die idee dat Bernard graag ‘n golfdag wil borg. Daar is besluit dat die golfdag gehou sal word in eer van Garth McGee, Bernard se Pa, wat ook ‘n kankerleier was.

Die eerste Garth McGee Golfdag is gehou in Oktober 2021, ongelukkig na die afsterwe van Bernard en samewerking met Anton Botes en sy hele span by McGee Ford Groblersdal.

Na die sukses van die Garth McGee Golfdag het Braam, Sonja en hulle span dit goed gedink om nog ‘n golfdag te hou, en is daar besluit om daardie golfdag in Marble Hall te hou om die Marble Hall gemeenskap te betrek. En so ontstaan die Kolhou Teen Kanker Golfdag.

Daar is later besluit om die Garth McGee Golfdag en die Kolhou Teen Kanker Golfdag te wissel tussen Groblersdal en Marble Hall, aangesien die gemeenskappe van Groblersdal en Marble Hall so nou met mekaar saamwerk.

Next
Next

Garth McGee Golfdag - 21 Oktober