Projekte

Blikkies projekte

Ons het verskeie blikkies geplaas by betaalpunte by besighede in die Loskop Vallei. In daardie blikkies moedig ons lede van die gemeenskap aan om hulle kleingeld by die betaalpunte in die blikkies te plaas. Op hierdie manier samel ons broodnodige bedrae geld direk van die gemeenskap in.

As jy terloops een van ons blikkies by ‘n betaalpunt raaksien, vra ons jou om asseblief al jou kleingeld in die blikkie te plaas.

Jou Kurper Teen Kanker NPC

Die Loskop Kankerversorgings Eenheid werk baie nou saam met Jou Kurper Teen Kanker NPC.

Jou Kurper Teen Kanker NPC is ‘n nie-winsgewende maatskappy wat gestig vir die uitsluitlike doel om fondse in te samel vir die Loskop Kankerversorging Eenheid.

Jou Kurper Teen Kanker bied jaarliks drie groot fondsinsamelings projekte aan, ‘n visvang kompetisie en twee golfdae.

Al die projekte word in die Loskop Vallei aangebied en maak hulle staat op die goedgesindheid en bystand van plaaslike besighede en lede van die gemeenskap om elke projek ‘n sukses te maak en sovel moontlik fondse vir die Loskop Kankerversorgings Eenheid in te samel.

Alle winste van hierdie projekte word aan die Loskop Kankerversorgings Eenheid geskenk ten einde ons by te staan in ons missie om kanker pasiënte bytestaan in hulle tyd van nood.

Om meer te leer oor die ontstaan van Jou Kurper Teen Kanker NPC, klik hier.

Direkte donasies

Die Loskop Kankerversorgings Eenheid maak geweldig staat op die goedgunstigheid van plaaslike besighede wat maandeliks, kwartaalliks of jaarliks direkte donasies aan die Loskop Kankerversorgings Eenheid maak.

Indien jy sal belangstel om ‘n maandelikse donasie te maak, kontak ons gerus om die nodige besonderhede te kry.